Tuesday, August 18, 2009

Afrikaans Writing: Guest Poet

Afrikaanse Monster

Afrikaans is ‘n kwas wat herhinneringe van stowwerige plaaspaaie optower.
Dit kweek albasters wat met tyd ‘n marmer skynsel trotseer.
Die Karoo-taal bars en kraak tussen die voortrekkers se maaltande
en vertoef in die beker van die volkstong.
Afrikaans wek ‘n vreemde heimwee in ons,
openbaar ‘n skat helaas verbloem
en breek altoos deur soos die dag om weer te heers
Vanaf Jan van Riebeeck, kombuis-, kalbas-
Gaboen-, en geheimtaal.
Dit spreek tussen die lyne van etiket,
maar noem ‘n ding op sy naam:
sterk soos ‘n vuis, dog fyn soos ‘n bloeiseltjie
en rooi-wang perskes spruit vanuit hierdie blom.
Ons vir jou, Afrikaans.

Elmien Nell

More Modest Mouse

I'm abusing my two blog spaced to evangelise about Modest Mouse.
We've been friends for years, but its suddenly grown into something more.
With Love: The Good Times Are Killing Me